Welcome to Swellendam Lions Club
Kers- en nuwejaarsboodskap van die President

Die kerstyd lê om die draai en dit is ‘n tyd van vrede en vreugde. Vrede is nie om te kan doen wat jy graag wil nie, maar om met graagte te doen wat jy moét doen. Dit beteken dat jy in die lewe soveel insit as wat jy kan, eerder as om daaruit te neem soveel as jy kan.
In ‘n neutedop word dit dan saamgevat in ons leuse, naamlik, “ ONS DIEN”.
Dit gaan Woensdag 7 Desember vir my ‘n voorreg wees om deel te wees van die Lions se kersprojek vir ongeveer 110 laerskoolkinders van Kluitjieskraal, Uitvlug en Kleinfontein.
Die vooruitsig om die opgewonde afwagting op die gesiggies te sien, kan nie vergelyk word met ‘n eie kind of kleinkind se vreugde oor sy of haar kersgeskenk nie. Baie van hulle kry vir die eerste keer in hulle lewe ‘n geskenk en dit is regtig my bede dat daar gedurende die skoolvakansie genoegsaam voorsien sal word in die vorm van voedsel vir die minderbevoorregtes.
Ons senior burgers in die ouetehuise word ook nie vergeet nie en sal aan die heerlike kerskoeke wat deur die Lions verkoop word, kan smul. Die besoeke tydens hulle verjaarsdae is vir vele die enigste hoogtepunt van die dag.
Maandelikse besoeke aan die hospitaal is ook hoog aangeskrewe by die meeste van die pasiënte en by die personeel. Eetgoed wissel van sop, maalvleis vetkoeke en pannekoek, tot vrugteslaai en word aangevul met ‘n geskenkie vir oud en jonk. Daar word dus met groot afwagting uitgesien na dié besoek.
Dit is dan my bede dat ons Hemelse Vader die nood, ontbering en swaarkry onder die aandag van mense sal bring wat gewillig is om nie net te gee van wat hulle het nie, maar ook van wat hulle is.
Laaste, maar beslis nie die minste nie, wil ek ons vele ondersteuners en donateurs bedank vir hulle volgehoue ondersteuning. Julle maak dit vir ons moontlik om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. Baie dankie vir die reuse aandeel wat julle daarin het om aan ander vreugde in hierdie feestyd te kan verskaf.
Die nuwe jaar vorentoe is vol uitdagings, maar ook propvol geleentheid om uit te reik, mekaar se hande te vat en ons leuse uit te leef.
My nuwejaarswense is dat elkeen met hernude krag die jaar sal begin en dat ons ons opnuut aan ons taak op aarde sal wy.
-- Ina Ogilvie

Herman Smit, Zone Voorsitter 410D
2011-06-29
Soos wat die Lions embleem ‘n Leeutjie het wat agtertoe kyk, en een wat vorentoe kyk, is dit weer die tyd van die jaar wat ons as Lions nabetragting doen oor ‘n jaar wat verby is en beplan vir ‘n jaar wat voorlê. Aangesien ons Lionistiese jaar 30 Junie eindig en 1 Julie begin is dit die tyd van die jaar waar ampte verander en nuwe bloed oorneem.
Ek wil dan van die geleentheid gebruik maak om vir Swellendam Lionsklub se uitgaande Presidentspaar, Marcel en Marlene du Plessis geluk te wens met ‘n goeie jaar. Ek bedank hulle vir die werk wat hulle die jaar gedoen het om ‘n verskil aan ander mense se lewens te maak. Vir Ina Ogilvie wat as President inkom wil ek gelukwens met haar verkiesing as President en alle voorspeod toewens vir die jaar wat voorlê.
As ek so terugkyk oor die jaar wat verby is en die werk wat deur Lions gedoen is - nie net hier in Swellendam nie, maar ook by ander klubs in ons distrik wat ek besoek het, en ook wêreldwyd - is dit vir my duidelik dat die Lions reusewerk verrig. Wat my egter werklik bekommer is dat die nood in ons gemeenskappe net al groter word. Hier in ons dorp is reuse uitdagings en dit breek mens se hart as jy by ‘n dagsorg instap waar 15 of 16 kinders jonger as 6 jaar op die grond sit in ‘n koue, sinkstruktuur en dit reën en dis koud buite. Dit het my laat wonder oor die volhoubaarheid van die aksies wat ons loods. Miskien het dit tyd geword dat ons as liefdadigheidsorganisasies meer saam begin werk om meer volhoubare langtermynplanne in plek te sit.
Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae maak, al is dit net deur ‘n snoekkaartjie of looitjie te koop. Elkeen wat hulle tyd en energie onbaatsugtig beskikbaar stel om ander te help. Van Lions kant af wil ons julle bedank en hoop julle sal die jaar wat voorlê die pad weer saam met ons stap soos die jaar wat verby is.
Herman Smit
Distrik 410D
2de Visie Distriks Goewerneur
Lions International
The International Association of Lions Clubs comprises more than a million Lions throughout the world. Ordinary people working miracles through service, Lions come to the aid of millions of people every day.
With the assistance of Lions Clubs International Foundation Lions provide assistance on a huge scale.
That's what the world has come to expect of Lions. What the world does not necessarily know, and what Lions do not fully appreciate is that the infrastructure that makes all of this possible is provided, and funded, entirely by us - you, me and every other Lion in the world. Yes, even the International President pays dues!
That's absolutely amazing. And if you doubt that, consider how remarkable it is that Lions put so much time and effort into helping others and still pay for the privilege!
So, yes, that is truly amazing, and it allows us to see dues from a different perspective.
An association that helps millions of people every day, that without us would not exist, is a legacy of huge significance. It adds a truly admirable dimension to what makes lions everyday heroes. What small price to pay for something that, long after we're gone, will continue to bring so much relief to so many, and so much pride to Lions.
We Give Sight.
We Support Youth.
We Provide Disaster Relief.
We Combat Disability.
We Serve.
______________________________________________________________
“If it’s to be, it’s up to me!”
Lions are an international network of 1.3 million men and women in 205 countries and geographic areas who work together to answer the needs that challenge communities around the world.





